24 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-03-2025 só ingevul:
Vul die antwoorde met ʼn ........ in sodat jy foute kan uitvee.
potloot potlood podlood podloot
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die Eerste Wêreldoorlog is gekenmerk deur die haglike omstandighede in die ........ .
loopgraafs loopgrawens loopgrawe loopgrafens
Woorde wat op ʼn lang vokaal en ʼn "f" eindig, kry "w" in die meervoudsvorm, byvoorbeeld "loopgraaf – loopgrawe".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
........ en dwase skryf hul name op deure en glase.
Geks Gekke gekke geks
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Ná sy briljante vertolking het die solis ’n ........ gespeel.
toegif toegawe toe gif toe-gif
Die woord "toegif" is ’n vervorming van "toegee". Dit beteken die solis ‘gee toe’ tot die gehoor se versoek om nog iets te speel.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)