Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 25-03-2025 (vlak 1)



vorige toets 25 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-03-2025 só ingevul:



Die slegte weer belemmer die atletiekbyeenkoms.
Wat is die woordsoort van "belemmer" in bostaande sin?

5 % (afgerond)bywoord
2 % (afgerond)adjektief
89 % (afgerond)werkwoord 
4 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "belemmer" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ons het in die kleuterskool leer ........ speel.
90 % (afgerond)eenbeentjie 
1 % (afgerond)een beenkie
7 % (afgerond)een beentjie
2 % (afgerond)eenbeenkie

Telwoorde (soos "een") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "been") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



........ kan deur dinge brand en moet baie versigtig hanteer word.
5 % (afgerond)seepsoda
4 % (afgerond)Seep soda
91 % (afgerond)Seepsoda 
1 % (afgerond)seep-soda

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



'n Versamelnaam vir baie mense bymekaar is 'n ........ .
4 % (afgerond)troep
89 % (afgerond)skare 
6 % (afgerond)span
1 % (afgerond)string

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Sien ook die bladsy Versamelname.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties