26 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-03-2025 só ingevul:
Die kinders het die speelkamer ........ .
bemors gebemors gemors
Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin ("bemors"), kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Jy moet jou baard ........ voordat ons uitgaan!
skeuer skeër skeur skeer
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “skeur” wanneer hulle eintlik “skeer” bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Sy het ........ my aan die tafel gesit.
teen-oor teen oor teenoor
ʼn Samestelling ("teenoor") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("teen" en "oor") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Sy lyk nes haar ma. Wat is die woordsoort van "lyk" in bostaande sin.
bywoord selfstandige naamwoord voegwoord werkwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)