Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 26-03-2025 (vlak 3)



vorige toets 26 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-03-2025 só ingevul:



Dis altyd 'n kwessie van ........ wanneer die onderwyser oor verlede week se les praat.
92 % (afgerond)"Waarvan praat jy?" 
4 % (afgerond)(Waarvan praat jy?)
4 % (afgerond)Waarvan praat jy?

Aanhalingstekens word gebruik om woorde en uitdrukkings waarvan gepraat word, aan te dui.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.



Ncebisa het 'n ........ aan my verkoop.
1 % (afgerond)kort termynversekerings-polis
kort termyn versekerings-polis
96 % (afgerond)korttermynversekeringspolis 
3 % (afgerond)korttermynversekerings-polis

Na 'n verbindings"-s" word daar nie 'n leesbaarheidskoppelteken geskryf nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die hoofstad van Noordwes is ........ .
5 % (afgerond)Mafeking
1 % (afgerond)Mmafikeng
19 % (afgerond)Mafikeng
75 % (afgerond)Mahikeng 

Mahikeng (voorheen Mafikeng en Mafeking) is die hoofstad van Noordwes en beteken 'plek van klippe' in Tswana.
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: Moenie 'n ........ van jou hart maak nie.
1 % (afgerond)grot
98 % (afgerond)moordkuil 
1 % (afgerond)tronk
herberg

Hierdie idioom beteken 'jou gevoelens nie smoor nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties