Minstens ses mense is in die suide van Amerika dood in storms wat ........ en oorstromings tot gevolg gehad het.
tornadoese tornadoes tornados tornado's
Woorde wat op ʼn “i”, “o”, “u” en ʼn beklemtoonde (lang) “a” eindig, word in die meervoud met ʼn afkappingsteken geskryf.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Idioom: Wat nie ........ nie, moet breek.
heel is week brand buig
Die idioom "wat nie buig nie, moet breek", beteken 'wat nie wil toegee nie, moet die gevolge dra. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Iemand wat die toekoms voorspel deur die stand van die sterre te bestudeer, noem ons ʼn ........ .
astrologikus sterrewiggelaar astronoom astronout
ʼn Sterrewiggelaar word ook ʼn astroloog genoem; ʼn sterrekundige is ʼn astronoom; ʼn ruimtevaarder is 'n astronout. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)