07 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-04-2025 só ingevul:
Sal jy vir ons 'n tafel in die restaurant ........ ?
bispreek bespreek bispreuk bespreuk
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “bespreuk” in plaas van die korrekte “bespreek”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die arme tiener se gesig is vol ........ .
puisiens puisies puisie's peisies
Woorde wat op "a", "e", "i", "o", "u" wat nie ’n tweeklank is nie of ’n onbeklemtoonde "ie" of "ee" eindig, kry "-s" in die meervoud (AWS 13.5).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Willie het sedert 2003 in die ........ gewoon.
slegs strand slegs Strant Strand of strand slegs Strand
Geografiese name, byvoorbeeld van dorpe, stede en woonbuurte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die ........ het ’n verbete aanval op die vyand uitgevoer.
kavellerie kawellerie kawallerie kavallerie
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "kavallerie", "vanielje", "hidroulies" en "kwadrupleeg".
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)