08 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-04-2025 só ingevul:
Oom Jan gebruik altyd sulke ........ gesegdes.
geykte geykdte geykde
Voltoooide deelwoorde wat op "k" of "p" eindig, kry "-te" in die attributiewe vorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Hulle twee ........ bymekaar.
hord hoort hoord hort
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Ná die Tweede Wêreldoorlog is die meeste broekiekouse van ........ gemaak.
Nilon nylon Nylon nilon
Eienaamverbleking gebeur wanneer die verband tussen die persoon of saak waarop die eienaam betrekking het, vervaag het. Dit word dan met ʼn kleinletter gespel, byvoorbeeld "nylon", "jacuzzi" en "diesel".
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.
Ek het sommer ʼn paar ........ gloeilampe gekoop.
ecstra extra ekstra
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "ekstra" kom van die Latynse "extra" wat 'buitekant iets' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)