Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-04-2025 (vlak 3)



vorige toets 10 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-04-2025 só ingevul:



Hulle het 'n plaag ........ deur die besmette katte onder kwarantyn te plaas.
1 % (afgerond)voorgekom
98 % (afgerond)voorkom 
1 % (afgerond)gevoorkom

Aangesien die klem op "kom" is in "voorkom" in hierdie sin, word die verlede deelwoord sonder "-ge-" gevorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Die kerk hou die naweek 'n basaar ter ........ van hul fondse.
41 % (afgerond)stuiwing
1 % (afgerond)stuifing
55 % (afgerond)stywing 
4 % (afgerond)stawing

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “ter stuiwing” in plaas van die korrekte “ter stywing”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Mevrou Haase gaan aan die begin van elke week na die ........ , omdat sy geen supermark se produkte vertrou nie.
2 % (afgerond)vars produktemark
95 % (afgerond)varsproduktemark 
2 % (afgerond)varsprodukte mark
vars-produkte-mark

Samestellende samestellings kom voor waar 'n woordgroep ("vars produkte") en 'n ander woord ("mark") verbind. Die woordgroep kan, soos in hierdie geval, bestaan uit 'n adjektief en 'n selfstandige naamwoord. Juis omdat die woordgroep optree as die bepaler in die samestelling, word dit vas aan die kern geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Bruce Fordyce het die Comrades- ........ al nege keer gewen.
26 % (afgerond)slegs marathon
1 % (afgerond)mareton of marethon
10 % (afgerond)slegs maraton
63 % (afgerond)maraton of marathon 

Die AWS erken beide spellings "marathon" en "maraton".
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties