Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-04-2025 (vlak 2)



vorige toets 21 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-04-2025 só ingevul:



Die kindjie is nie meer 'n baba nie, sy is nou 'n peuter.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "peuter" in bostaande sin?
3 % (afgerond)massaname
81 % (afgerond)soortname 
6 % (afgerond)kindername
9 % (afgerond)abstrakte naamwoorde

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "peuter", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Telkom is 'n gemagtigde ........ .
66 % (afgerond)finansiëlediensteverskaffer 
29 % (afgerond)finansiële diensteverskaffer
2 % (afgerond)finansiële dienste-verskaffer
2 % (afgerond)finansiële dienste verskaffer

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "finansiële" + selfstandige naamwoord "dienste") en ʼn selfstandige naamwoord ("verskaffer").
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Pappa het maar ʼn baie ........ hart.
2 % (afgerond)teur
75 % (afgerond)teer 
1 % (afgerond)teure
22 % (afgerond)tere

Byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan, kry gewoonlik nie die “-e” in die attributiewe vorm nie. Wanneer dit wél verbuig word, het dit dikwels ʼn figuurlike betekenis, byvoorbeeld: “tere liefde” teenoor “'n teer hart.”
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Idioom: Besin eer jy ........ .
2 % (afgerond)doen
4 % (afgerond)bemin
3 % (afgerond)gewin
91 % (afgerond)begin 

Die idioom "besin eer jy begin", beteken 'dink eers goed na voordat jy iets doen'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties