Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-04-2025 (vlak 3)



vorige toets 21 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-04-2025 só ingevul:



Die ........ waarborg Amanda dat sy al die geld wat sy verloor het, sal terugkry as sy 'n week in yskoue water bad.
6 % (afgerond)slegs sangôma
2 % (afgerond)slegs sanghoma
29 % (afgerond)slegs sangoma
63 % (afgerond)sangoma of sangôma 

Wanneer 'n lang [ᴐ:]-klank in 'n beklemtoonde, oop lettergreep van leenwoorde uit Afrikatale voorkom, word dit gewoonlik met 'n "o" weergegee. Die spelling met die "ô" word in hierdie geval om historiese redes ook aanvaar.
Die woord "sangoma"of "sangôma" is 'n leenwoord uit Zoeloe.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.



Idioom: Die ........ in die pot vind.
56 % (afgerond)hond 
4 % (afgerond)leeu
1 % (afgerond)donkie
39 % (afgerond)haas

Hierdie idioom beteken 'te laat kom vir ete'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die Departement van Landbou is besig om 'n nuwe ........ in werking te stel.
8 % (afgerond)slegs wyn van oorsprong-stelsel
3 % (afgerond)slegs wyn van oorsprong stelsel
35 % (afgerond)wynvanoorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel
55 % (afgerond)wyn-van-oorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel 

Indien ʼn woordgroep van drie of meer woorde (“wyn van oorsprong”) wat op sigself nie gekoppel word nie, in ʼn samestelling optree saam met ʼn bykomende woord of woorde (“stelsel”), word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder ʼn koppelteken vas aan die res geskryf (AWS 12.21).
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die brouer weet hoe lank die bier moet gis.
Wat is die woordsoort van "moet" in bostaande sin?
17 % (afgerond)koppelwerkwoord
15 % (afgerond)skakelwerkwoord
67 % (afgerond)hulpwerkwoord 
1 % (afgerond)dubbelwerkwoord

'n Hulpwerkwoord is 'n werkwoord wat 'n betekenis toevoeg aan 'n ander werkwoord en daardeur in beginsel nie selfstandig voorkom nie. In Afrikaans onderskei ons tussen hulpwerkwoorde van tyd, byvoorbeeld "het" en hulpwerkwoorde van modaliteit, byvoorbeeld "sal" en "wil".

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties