Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 22 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-04-2025 só ingevul:



Sy het op die kaai bly staan en haar geliefde vaarwel gewuif.
Wat is die woordsoort van "sy" in bostaande sin?
3 % (afgerond)hulpwerkwoord
3 % (afgerond)bywoord
68 % (afgerond)voornaamwoord 
26 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Voornaamwoord is 'n woord wat in plaas van 'n selfstandige naamwoord gebruik kan word, byvoorbeeld die "Sy" in die sin "Sy is met ʼn mes gesteek en verkrag".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Dikeledi is my ........ .
1 % (afgerond)peut kind
2 % (afgerond)peutkind
2 % (afgerond)peet kind
96 % (afgerond)peetkind 

ʼn Samestelling ("peetkind") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("peet" en "kind") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



........ kan groot skade aan houtwerk aanrig.
2 % (afgerond)Kewerens
92 % (afgerond)Kewers 
6 % (afgerond)kewers
1 % (afgerond)kewerens

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Die enigste manier om by die hek in te kom is met ........ van 'n selfoon.
2 % (afgerond)die help
5 % (afgerond)hulp
31 % (afgerond)die hulp
62 % (afgerond)behulp 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “met behulp van”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties