Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-07-2025 (vlak 3)



vorige toets 08 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-07-2025 só ingevul:



Ek weet dinge gaan nou baie sleg, maar onthou net, elke donker wolk het 'n silwer ........ .
8 % (afgerond)slegs rantjie
42 % (afgerond)randjie of rantjie 
49 % (afgerond)slegs randjie
rainkie of randjie

Die woorde "rand" en "rant" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "rand" verwys na die Suid-Afrikaanse geldeenheid; die woord "rant" verwys na 'n heuwel of ’n rotsagtige hoogte. "Rand" en "rant" is egter ook sinonieme wanneer dit na die kant van iets verwys (sien AWS, HAT en WAT). In die uitdrukking "elke wolk het 'n silwer randjie" is "randjie" en "rantjie" dus albei korrek.
Sien ook die bladsy Homofone.



In die weermag moet jy al die ........ se vanne ken.
32 % (afgerond)luitenante-kolonel
6 % (afgerond)luitenants-kolonel
45 % (afgerond)luitenant-kolonels 
17 % (afgerond)luitenant-kolonelle

By saamgestelde militêre en soortgelyke rangbenamings kry die laaste lid die meervoudsuitgang.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die ........ het onlangs 'n eredoktorsgraad aan die professor Cronjé toegeken.
51 % (afgerond)Universiteit Stellenbosch 
13 % (afgerond)Stellenbosch Universiteit
1 % (afgerond)Stellenbosse Universiteit
35 % (afgerond)Universiteit van Stellenbosch

Die amptelike naam van dié universiteit in Afrikaans is "Universiteit Stellenbosch" en word met hoofletters geskryf. http://www.sun.ac.za/afrikaans/
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Hy is eintlik 'n baie koppige man.
'n Antoniem vir "koppige" is:
2 % (afgerond)intelligente
74 % (afgerond)inskiklike 
2 % (afgerond)onnosele
23 % (afgerond)vasberade

As iemand nie koppig is nie, is hy/sy inskiklik, bereidwillig, gewillig, welwillend of tegemoetkomend.
Sien ook die bladsy Antonieme.



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties