Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 09 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-07-2025 só ingevul:



Die ........ wat die siekte aan die liggaam veroorsaak, is nog nie vasgestel nie.
1 % (afgerond)lang-termyn-skade
1 % (afgerond)lang termyn skade
97 % (afgerond)langtermynskade 
1 % (afgerond)lang termyn-skade

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "lang" + selfstandige naamwoord "termyn") en ʼn selfstandige naamwoord "skade".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Vier dae later in Standerton het Temba die rekord weer twee keer ........ .
87 % (afgerond)geëwenaar 
3 % (afgerond)geewenaar
9 % (afgerond)ge-ewenaar
2 % (afgerond)geêwenaar

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “chaos”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Tydens die parlementsitting het ʼn ........ van stemme opgeklink: "Pay back the money!"

4 % (afgerond)oratorium
sekstet
opera
96 % (afgerond)koor 

ʼn Versameling stemme word ʼn "koor" genoem, ongeag of die mense sing. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)

Sien ook die bladsy Versamelname.



Die geskiedenis van die ........ is baie interessant.
2 % (afgerond)Tweede wêreldoorlog
1 % (afgerond)tweede Wêreldoorlog
94 % (afgerond)Tweede Wêreldoorlog 
3 % (afgerond)tweede wêreldoorlog

Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf ten einde leesbaarheid te verhoog.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties