03 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-07-2025 só ingevul:
Jenny is in die veld om ʼn drag hout bymekaar te maak. Die vrugtebome is nou in volle drag. Die woord "drag" in bostaande sinne is 'n ........ .
poliseem homoniem homofoon sinoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “drag” (‘'n hoeveelheid van iets om te dra’) en “drag” (‘die vrugte wat 'n boom dra’). Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Homonieme.
Nicol het 'n ........ kindertyd gehad as Sonja.
meer aakliger meer aakligste aakliger aakligste
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “aaklig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “aakliger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “aakligste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Tydens ........ woon mans gebede by, terwyl die vroue pragtig versierde tafels met allerhande lekkernye dek.
Eid Ied ied eid
Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf. Die fees van "Eid' oel Fiter" volg op Ramadaan en word gekenmerk deur gebede, feesvieringe en uitdeel van aalmoese aan armes.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Die minister van polisie is bekommerd oor die vlaag van misdaad wat die land teister. Wat is die woordsoort van "vlaag" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord adjektief werkwoord bywoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, "vlaag - die vlaag - vlae".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)