26 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-06-2025 só ingevul:
Die Drakensberg troon majestueus oor die Tugela. 'n Sinoniem vir die woord "majestueus" is ........ .
klipperig bergagtig hoog imposant
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die ........ erf alles.
langs lewende langlewend lang lewend langslewende
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
In Namibië woon daar baie ........ .
deitsers Deitsers Duitsers duitsers
Die benaming van bevolkingsgroepe en die lede van sulke groepe begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
ʼn Onthutste Thembikosi het vertel hoe sy winkel beroof is. Wat is die woordsoort van "Onthutste" in bostaande sin?
attributiewe byvoeglike naamwoord prediktatiewe byvoeglike naamwoord preskriptiewe byvoeglike naamwoord beskrywende byvoeglike naamwoord
'n Attributiewe adjektief of byvoeglike naamwoord staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n onthutste Thembikosi”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "Thembikosi is onthuts".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)