Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 03 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-07-2025 só ingevul:



Jenny is in die veld om ʼn drag hout bymekaar te maak.
Die vrugtebome is nou in volle drag.
Die woord "drag" in bostaande sinne is 'n ........ .



21 % (afgerond)poliseem
63 % (afgerond)homoniem 
14 % (afgerond)homofoon
2 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “drag” (‘'n hoeveelheid van iets om te dra’) en “drag” (‘die vrugte wat 'n boom dra’).
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Homonieme.



Nicol het 'n ........ kindertyd gehad as Sonja.
2 % (afgerond)meer aakliger
meer aakligste
96 % (afgerond)aakliger 
1 % (afgerond)aakligste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “aaklig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “aakliger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “aakligste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Tydens ........ woon mans gebede by, terwyl die vroue pragtig versierde tafels met allerhande lekkernye dek.

82 % (afgerond)Eid 
10 % (afgerond)Ied
1 % (afgerond)ied
7 % (afgerond)eid

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf. Die fees van "Eid' oel Fiter" volg op Ramadaan en word gekenmerk deur gebede, feesvieringe en uitdeel van aalmoese aan armes.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Die minister van polisie is bekommerd oor die vlaag van misdaad wat die land teister.
Wat is die woordsoort van "vlaag" in bostaande sin?
59 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
21 % (afgerond)adjektief
5 % (afgerond)werkwoord
14 % (afgerond)bywoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, "vlaag - die vlaag - vlae".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties