26 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-05-2025 só ingevul:
Ons is ........ familie van mekaar.
verlangs of vêrlangs ver langs of vêr langs slegs verlangs slegs vêr langs
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “verlangs – vêrlangs”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”. Volgens die nuwe AWS word woorde "verlangs" of "vêrlangs" vas geskryf in die betekenis van 'verlangs familie'. In die betekenis 'ver langs in die see stap' word "ver langs" wel los geskryf. Dit kan ook met of sonder 'n kappie op die e geskryf word.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Die hofuitspraak teen die atleet het hom 'n koue ........ gegee.
bad skottel stort emmer
Die idioom "iemand 'n koue bad gee", beteken 'iemand se geesdrif demp'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die pianis speel J.S. Bach se Prelude en Fuga in ........ .
C#-mineur of C-kruismineur C#-mineur C# mineur C-kruismineur
Samestellings met 'n simbool ("C#-mineur") word met 'n koppelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
"Ek het nooit gedink ek sal nog die dag ........ dat jy uit eie vrye wil soggens voor hanekraai sal opstaan nie!"
beleef sien
Om te sê "sien" in hierdie sin, word as anglisisties beskou.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)