16 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-07-2025 só ingevul:
Haar ........ gaan haar nog in die tronk laat beland!
bedriëery bedrie-ery bedrieëry bedrieery
Die funksie van 'n deelteken is om aan te dui dat twee vokale wat na mekaar volg nie as 'n diftong uitgespreek moet word nie, maar wel as twee verskillende klinkers. 'n Mens sou dus kon sê 'n deelteken verleen 'n ekstra lettergreep aan 'n woord.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die nuwe ........ het reeds groot suksesse behaal om vermeende renosterstropers vas te trek.
renosterteenstropingsopleidingseenheid renosterteenstropings opleidingseenheid renosterteenstropings opleidings eenheid renosterteenstropings-opleidings eenheid
Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op “-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Ander voorbeelde sluit in: “gemeenskapsforum”, “veiligheidshek” en “identiteitskrisis”. Woorde met verbindingsklanke word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Sy studeer ........ .
Algemene Taalwetenskap Algemene-Taalwetenskap algemene taalwetenskap Algemene Taalwetenskap of algemene taalwetenskap
Die name van vakke en dissiplines word met 'n hoof- of 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Idioom: Dis ........ om te gee as om te ontvang.
grootmoediger saliger liefdevoller beter
Die idioom "dis saliger om te gee as om te ontvang", beteken 'dit gee meer bevrediging om ander te help as om self gehelp te word'. (Bron: Spreekwoord - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)