Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-08-2025 (vlak 3)



vorige toets 01 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-08-2025 só ingevul:



Duitsland se sterk ekonomie kan toegeskryf word aan ........ en goeie beleid.
12 % (afgerond)Eerste wêreld ekonomiese infrastruktuur
8 % (afgerond)Eerste-wêreld- ekonomiese -infrastruktuur
62 % (afgerond)Eerste Wêreld- ekonomiese infrastruktuur 
19 % (afgerond)Eerste-wêreld-ekonomiese-infrastruktuur

By afstandsamestellings is ʼn koppelteken volgens die nuwe AWS verpligtend. In samestellings met eiename word die integriteit van die eienaam, in die geval "Eerste Wêreld", behou.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die dokters het alles in hulle vermoë gedoen om te keer dat die ........ .
baba verlore raak
59 % (afgerond)baba sterf 
41 % (afgerond)ma die baba verloor

Die Engelse uitdrukking "lose a baby" in in hierdie betekenis beteken dat die baba 'sterf'. In Afrikaans sê ons die baba "sterf", nie die baba "verloor" nie.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Die rektor het geen hond haaraf gemaak ........ die studenteprotes nie.
22 % (afgerond)van 
67 % (afgerond)met
5 % (afgerond)oor
5 % (afgerond)aan

Die korrekte voorsetsel by die idioom "geen hond haaraf maak nie" is "van".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



........ is na 'n brand weer vir verkeer oopgestel.
26 % (afgerond)Sir Lowry's Pas
17 % (afgerond)Sir Lowry's pas
53 % (afgerond)Sir Lowryspas 
4 % (afgerond)Sir Lowry se pas

Die bekende bergpas tussen Somerset-Wes en Grabouw in die Wes-Kaap is vernoem na die eertydse goewerneur Sir Lowry Cole. Anders as in Engels word Sir Lowryspas nie met 'n afkappingsteken in Afrikaans geskryf nie.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
49% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties