Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 05 DES Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-12-2025 só ingevul:



Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is ʼn liggaam wat gemoeid is met die ........ van Afrikaans. 

53 % (afgerond)standaardisering 
1 % (afgerond)standaardiseering
44 % (afgerond)standardisering
2 % (afgerond)standardiseering

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Idioom: 'n ........ in die bos gooi.
93 % (afgerond)Klip 
Eier
6 % (afgerond)Stok
1 % (afgerond)Yster

As jy 'n klip in die bos gooi, dan lok jy reaksie uit deur middel van uitdagende of prikkelende bewerings.
In Engels sê ons: "Set a cat among the pigeons" of "cause a stir".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Dit is beter vir 'n mens se gesondheid om ........ te wees.
1 % (afgerond)vergewens gesind
27 % (afgerond)vergewingsgesind
72 % (afgerond)vergewensgesind 
vergewens-gesind

Daar kom feitlik altyd 'n verbindingsklank voor wanneer die tweede komponent van ’n samestelling "-halwe", "-waardig", "-weë" of "-gesind" is. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Terrestriële televisie-uitsendings gaan binnekort van ........ na digitale uitsendings oorskakel.
3 % (afgerond)annaloog
25 % (afgerond)analoë 
70 % (afgerond)analoog
2 % (afgerond)annaloë

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “analoog”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Die woord "analoog" kom uit die Grieks "ana + logos" wat 'verhouding' beteken, vandaar die vreemde spelling.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties