Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 06 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-11-2025 só ingevul:



Die ........ is tussen Egipte en Saoedi-Arabië geleë.
2 % (afgerond)Oossee
89 % (afgerond)Rooisee 
2 % (afgerond)Noordsee
7 % (afgerond)Swartsee

Meerledige geografiese name wat geen eienaamelement bevat nie, word sonder 'n koppelteken vas geskryf. (Bron: AWS 12.29)
https://af.wikipedia.org/wiki/Rooisee
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Jy kan nie sommer net musiek kopieer en dit versprei nie; dis ........ die wet!
1 % (afgerond)teun
2 % (afgerond)têen
12 % (afgerond)teën
86 % (afgerond)teen 

In die woord "teen" is daar slegs een lettergreep; die woord kry dus nie 'n deelteken nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: 'n Halwe ........ is beter as 'n leë dop.
2 % (afgerond)brood
beskuit
1 % (afgerond)koek
97 % (afgerond)eier 

Hierdie idioom beteken 'iets is beter as niks'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ons vriende woon nou in ........ .
6 % (afgerond)Australie
1 % (afgerond)Australieë
88 % (afgerond)Australië 
5 % (afgerond)Australia

Die pleknaam "Australië" kry nie 'n dubbele "e" met 'n deelteken nie. Dit word ook nie soos die Engelse vorm ("Australia") in Afrikaans geskryf nie.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties