Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-10-2025 (vlak 3)



vorige toets 08 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-10-2025 só ingevul:



Daar was nie minder nie as ses dames wat geklee was in spoggerige ........ tydens die dinee.
8 % (afgerond)saries
2 % (afgerond)sarie's
9 % (afgerond)saris
81 % (afgerond)sari's 

Die afkappingsteken (of apostroof) word hoofsaaklik by meervoude en verkleinwoorde gebruik wat op die letters "i", "o", "u" en 'n beklemtoonde "a" eindig.
'n Sari is die vernaamste kledingstuk wat hoofsaaklik deur Indiese vroue gedra word.

(Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Sari)
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Met die brandstofprys ........ , sal ons nie Kaap toe ook kan reis nie.
2 % (afgerond)inag geneem
22 % (afgerond)inaggeneem
2 % (afgerond)in aggeneem
74 % (afgerond)in ag geneem 

"In ag geneem" en "in ag genome" word los van mekaar geskryf, maar "inagneming" en "inagname" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Schoemansville is langs die ........ .
5 % (afgerond)Hartbeespoort Dam
56 % (afgerond)Hartbeespoortdam 
2 % (afgerond)Hartebeespoort Dam
37 % (afgerond)Hartebeespoortdam

Geografiese name, byvoorbeeld die name van riviere en damme, begin met 'n hoofletter.
As gevolg van die "t" en "b" was langs mekaar staan, spreek mense dikwels die naam uit as "Hartebeespoortdam", maar die amptelike naam is "Hartbeespoortdam". Lees meer by: https://af.wikipedia.org/wiki/Hartbeespoortdam
Sien ook die bladsy Plekname.



Jy kan nie die storie sommer vir ........ vertel nie; dit kan groot gevolge inhou as almal daarvan moet weet.
21 % (afgerond)dese en gener
24 % (afgerond)deser en gener
41 % (afgerond)dese en gene 
14 % (afgerond)deser en gene

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “dese en gene”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties