29 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-09-2025 só ingevul:
Die klein snuiter bly my lastig val! Gebruik asseblief die snuiter om die kers uit te doof. Die woord "snuiter" is 'n ........ .
poliseem homoniem antoniem sinoniem
Homonieme is woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as 'n ander woord, maar heeltemal 'n ander betekenis en oorsprong het. "Snuiter" in sin een verwys na 'n onbenullig persoon. Sin twee se "snuiter" is 'n spesiale skêr met bakkie daarop wat gebruik word om 'n vetkers se pit te knip (te snuit).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Die president het ........ by die dinee opgedaag.
kraakdeftig breekdeftig smoordeftig dooddeftig
Iemand wat baie netjies en deftig voorkom, is "kraakdeftig".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die skool is onlangs aangewys as een van die ........ .
top- openbare skole top openbare skole top openbare skole of top- openbare skole top-openbare-skole
Volgens die nuwe AWS is 'n koppelteken verpligtend by afstandsamestellings. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“openbare”) sou dit vas geskryf word as “topskole” (AWS 12.25). Die woorddeel "top" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie en word altyd vas aan 'n naamwoord in 'n samestelling geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Dink jy daar is nog enige hoop vir die beskuldigde? Wat is die woordsoort van "vir" in bostaande sin?
voorsetsel voornaamwoord selfstandige naamwoord byvoeglike naamwoord
'n Voorsetsel of preposisie dui die relatiewe posisie of verhouding tussen twee elemente aan. 'n Mens kan gewoonlik 'n lidwoord ("'n" of "die") na die voorsetsel gebruik, byvoorbeeld "vir die beskuldigde".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)