Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 10 DES Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-12-2025 só ingevul:



Die sluitingsdatum vir aansoeke is 22 Junie: ........ laat aansoeke sal oorweeg word nie.
7 % (afgerond)gèèn
47 % (afgerond)Géén 
9 % (afgerond)Gèèn
37 % (afgerond)géén

'n Dubbelpunt word gebruik vóór 'n aanvulling of 'n verduideliking wat ná 'n voorafgaande sin verwag word, en 'n hoofletter volg na die dubbelpunt as die sinsdeel 'n volsin is.
Die akuutteken word gebruik vir nadruk.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.



Al meer boere pas deesdae ........ toe.
droë land boerdery
1 % (afgerond)droë landboerdery
3 % (afgerond)droëland boerdery
96 % (afgerond)droëlandboerdery 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "droë" + selfstandige naamwoord "land") en ʼn selfstandige naamwoord "boerdery".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Ons Joodse bure vier vandag ........ ; oftewel die Joodse Nuwejaar.
2 % (afgerond)roosh hashana
roosj hasjana
52 % (afgerond)Roosj Hasjana 
46 % (afgerond)Roosh Hashana

Die name van Joodse feesdae word verafrikaans. Die Hebreeuse ראש השנה beteken "hoof van die jaar" in Afrikaans.

Sien ook die bladsy Feesdae.



Waar die ........ nie is nie, word die baard nie geskeer nie.
43 % (afgerond)hoof 
5 % (afgerond)skeerroom
15 % (afgerond)skeermes
36 % (afgerond)kwas

Die idioom "waar die hoof nie is nie, word die baard nie geskeer nie, beteken 'as 'n mens jou belange nie behartig nie, word dit verwaarloos'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties