15 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-12-2025 só ingevul:
Ná die inbraak het ons bure besluit om hul ........ te elektrifiseer.
huining hyning heining
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die ........ perde is darem moeilik.
steekse steukse steeks steuks
Byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan ("steeks"), kry gewoonlik nie die "-e" in die attributiewe posisie nie. Wanneer dit wél ’n "-e" kry, het dit dikwels ʼn figuurlike betekenis. Byvoorbeeld: "Die ryk mynmagnaat" teenoor "Suid-Afrika het ʼn ryke geskiedenis."
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
........ praat gewoonlik baie vinnig.
Afslaërs afslaars afslaërs Afslaers
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Die woord "weer" in die volgende sinne is ’n ........ . Jy moet jou teen jou vyand weer. Wanneer kom jy weer kuier?
homofoon sinoniem antoniem homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "weer" (‘verdedig’) en "weer" (‘nog ’n keer’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)