15 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-04-2026 só ingevul:
Ek hoop om die kapitaal wat ek in die onderneming ........ het, met rente terug te kry.
in gestoot ingestoot geïnstoot
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die ........ van 'n kind bring altyd groot vreugde vir 'n familie.
geborte geboorte gebordte geboordte
In geslote lettergrepe (soos in die woord “geboorte”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Voordat jy die vis gaarmaak, moet jy eers die ........ uithaal.
binnestegoed binneste goed binne goed binnegoed
ʼn Samestelling ("binnegoed") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("binne" en "goed") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hierdie eetstel is van egte ........ .
silwer silver selver selwer
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)