Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-02-2026 (vlak 2)



vorige toets 03 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-02-2026 só ingevul:



Het jy enige ........ oor waarheen ons vanaand kan gaan?
1 % (afgerond)slegs voorkeurs
slegs voorkeurens
7 % (afgerond)voorkeure of voorkeurs
92 % (afgerond)slegs voorkeure 

Meerlettergrepige stamme wat op ’n tweeklank eindig, asook samestellings en afleidings met sulke stamme, kry “-s” in die meervoud (AWS 14.4)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Wetenskaplikes doen navorsing oor ........ om meer oor die ontwikkeling van embrio's te leer.
https://af.wikipedia.org/wiki/Padda
32 % (afgerond)padda-eiers
53 % (afgerond)paddaeiers of padda-eiers 
13 % (afgerond)paddaeiers
1 % (afgerond)paddaëiers

As ʼn opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings volgens die leser meebring dat die woord moeilik gelees kan word, is ʼn koppelteken tussen die dele opsioneel (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Die skildery ........ is een van Van Gogh se bekendste werke.
5 % (afgerond)sterrenag
sternag
3 % (afgerond)Sternag
92 % (afgerond)Sterrenag 

Indien soortname as eiename gebruik word ("Sterrenag"), begin dit met ʼn hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die zikavirus kom al in verskeie lande voor en daar is geen keer aan die ........ nie.
99 % (afgerond)epidemie 
epiedemie
epideemie
eppidemie

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “epidemie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties