Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 14 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-04-2026 só ingevul:



Geen mens sal soveel vir 'n fiets betaal nie.
Wat is die woordsoort van die woord "soveel" in bostaande sin?
7 % (afgerond)voegwoord
15 % (afgerond)selfstandige naamwoord
35 % (afgerond)telwoord 
43 % (afgerond)bywoord

'n Telwoord dui aantal of hoeveelheid aan. Dit kan 'n bepaalde hoeveelheid of onbepaalde aantal aandui (hooftelwoorde) en kan ook 'n plek in 'n volgorde aandui (rangtelwoorde).
Bepaalde hooftelwoorde kan in syfers uitgedruk word, byvoorbeeld "5", "24", "300"; onbepaalde hooftelwoorde kan nie in syfers uitgedruk word nie, byvoorbeeld "baie", "heelwat", "min", "weinig".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die kulkunstenaar het die vrou nie regtig middeldeur gesaag nie; dis net ........ .

7 % (afgerond)oë-verblindery
86 % (afgerond)oëverblindery 
1 % (afgerond)oö-verblindery
7 % (afgerond)oë verblindery

ʼn Samestelling (“oëverblindery”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“oë” en “verblindery”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Moenie so ongeskik met my wees nie. Jou ........ !
12 % (afgerond)hier jy
7 % (afgerond)Hierjy
7 % (afgerond)hier-jy
74 % (afgerond)hierjy 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "hierjy", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die appel val nie ver van die ........ af nie.
bak
1 % (afgerond)tafel
wa
99 % (afgerond)boom 

Die idioom "die appel val nie ver van die boom af nie" beteken ‘die kind aard na sy ouer’. Die Engelse weergawe van hierdie spreekwoord is ‘like father, like son’ of ‘like mother, like daughter’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties