14 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-04-2026 só ingevul:
Die skip het met man en muis ........ .
geondergaan ondergegaan geöondergaan ondergaan
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2). Indien die hoofklem egter nie op die eerste lettergreep val nie, kry die woord wel "-ge-" in die verlede tyd. Na gelang van betekenis is albei moontlik met die woord "ondergaan".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Jy kan nie daardie ........ rok na die dinee aantrek nie!
fervlenterde verflenterde ferflenterde vervlenterde
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die ........ van die Parlement was in 2014 me. Baleka Mbete.
speaker Speaker of speaker Speaker
'n Ampsbenaming ("speaker") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Die regering het hulp aan ........ lede van die gemeenskap belowe.
kwêtsbare kwêsbare kwetsbare kwesbare
Die woord "kwes" beteken om 'met 'n skoot seer te maak'; die woord "kwets" beteken om iemand 'te beledig'. Die woord "kwesbaar" beteken 'weerloos'. Die woord "kwetsbaar" is 'n foutiewe spelling van "kwesbaar". (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)