Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 14 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-04-2026 só ingevul:



Die skip het met man en muis ........ .

geondergaan
97 % (afgerond)ondergegaan 
geöondergaan
3 % (afgerond)ondergaan

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2). Indien die hoofklem egter nie op die eerste lettergreep val nie, kry die woord wel "-ge-" in die verlede tyd. Na gelang van betekenis is albei moontlik met die woord "ondergaan".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Jy kan nie daardie ........ rok na die dinee aantrek nie!
fervlenterde
93 % (afgerond)verflenterde 
1 % (afgerond)ferflenterde
5 % (afgerond)vervlenterde

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die ........ van die Parlement was in 2014 me. Baleka Mbete.
6 % (afgerond)speaker
79 % (afgerond)Speaker of speaker 
15 % (afgerond)Speaker

'n Ampsbenaming ("speaker") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Die regering het hulp aan ........ lede van die gemeenskap belowe.
1 % (afgerond)kwêtsbare
7 % (afgerond)kwêsbare
6 % (afgerond)kwetsbare
86 % (afgerond)kwesbare 

Die woord "kwes" beteken om 'met 'n skoot seer te maak'; die woord "kwets" beteken om iemand 'te beledig'. Die woord "kwesbaar" beteken 'weerloos'. Die woord "kwetsbaar" is 'n foutiewe spelling van "kwesbaar".
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties