20 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-03-2026 só ingevul:
Die leerders het na 'n uitstalling van verskillende ........ gaan kyk.
professies professes professis
In verboë en afgeleide vorme met die agtervoegsels "-e", "-er", "-erig", "-ig", en "-s" word die slot-"ie" van die stam behou.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Idioom: Sy ........ was te sterk.
koeldrank tee koffie drankie
Ons het rêrig 'n nuwe luidsprekerstelsel nodig. Ons sal die ........ daaroor moet nader.
fasiliteitekommissie fasiliteitskommissie fasiliteite-kommissie fasiliteite kommissie
By sommige samestellings is verbindingsklanke ("-s", "-e-", -"er-", "ens") verpligtend, byvoorbeeld "beklaenswaardig", "distriksgeneesheer", "etenstyd" en "fasiliteitekommissie". Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Willem het ʼn aanvaarbare ........ vir sy afwesigheid.
apologie appelogie appologie apologi
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “apologie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)