Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 23 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-03-2026 só ingevul:



Daar is ........ op jou hemp!
vleks
fleks
2 % (afgerond)flekke
97 % (afgerond)vlekke 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Paramedici se ........ optrede het my lewe gered.

2 % (afgerond)flunk
1 % (afgerond)flunke
36 % (afgerond)flink 
62 % (afgerond)flinke

Sommige byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan, kry nie ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan nie.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die ........ het met sy gedig uiting aan sy emosie gegee.
Dugter
1 % (afgerond)dugter
4 % (afgerond)Digter
95 % (afgerond)digter 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "digter", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die woord "laag" in die volgende twee sinne is ’n voorbeeld van ’n ........ .
Die helikopter het laag oor die skool gevlieg.
Ek dink jy moet maar nog ’n laag verf aanbring.
8 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)sinoniem
2 % (afgerond)antoniem
90 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "laag" (‘nie hoog nie’) en "laag" (‘aanwending van byvoorbeeld verf’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties