Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 25-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 25 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-03-2026 só ingevul:



Dit is belangrik dat hartlyers gereeld ........ moet laat doen.
6 % (afgerond)EKG'e
14 % (afgerond)EKGs
80 % (afgerond)EKG's 
EKGe

Die afkappingsteken word gebruik by meervoudsvorme van afkortings waarvan die letters afsonderlik uitgespreek word. Die keuse tussen -'s of -'e word bepaal deur meervoudsvorm van die laaste letter: "G" se meervoud is "G's" en die korrekte antwoord is dus "EKG's". Sien reël 3.18 in die AWS.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Maak asseblief vir my vyf ........ vol met water.
85 % (afgerond)20-literhouers 
9 % (afgerond)20 literhouers
5 % (afgerond)20 liter houers

Samestellings met 'n afkorting, simbool of syfer, word vas met 'n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "20-literhouers", "F16-vegvliegtuig" (AWS 14.5).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die ........ het die hele pad na Jerusalem op 'n donkie gery.
99 % (afgerond)Samaritaan 
Samarithaan
Samharithaan
Samharitaan

Iemand wat in Samaria gewoon het, is 'n "Samaritaan" (met hoofletter). In die uitdrukking "barmhartige samaritaan" het die woord "samaritaan" verbleek om 'n algemene betekenis te kry (dit verwys nie na iemand wat in Samaria gewoon het nie) en word dus met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Daar is môre 'n 80%-kans ........ reën.
49 % (afgerond)vir
4 % (afgerond)van
48 % (afgerond)op 

Die "Tweetalige Voorsetselwoordeboek" dui aan dat dit "kans op reën" moet wees.
'n Mens hoor egter dikwels ook "kans vir" en "kans van", waarskynlik in navolging van die Engelse "chance for/of rain".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties