Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 25-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 25 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-03-2026 só ingevul:



Daar is ........ 'n marathonwedloop in ons dorp.
3 % (afgerond)Saterdag oggend
1 % (afgerond)Saterdag-oggend
37 % (afgerond)Saterdagoggend of Saterdag-oggend 
59 % (afgerond)Saterdagoggend

Eienaamverbindings as soortnaam of massanaamwoord waarin die eienaam as eerste lid optree, word slegs vas geskryf, met of sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



My vriende wat ........ is, glo nie in die bestaan van God nie.
1 % (afgerond)attiiste
84 % (afgerond)ateïste  
4 % (afgerond)ateiste
11 % (afgerond)atieïste

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Die getuie op die ongelukstoneel was so bleek soos ........ .
61 % (afgerond)'n laken / 'n lyk / die dood 
5 % (afgerond)die dood
32 % (afgerond)'n laken
2 % (afgerond)'n lyk

Al drie hierdie vergelykings beteken 'baie bleek'.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



As jy in Amerika kom, moet jy in ........ betaal.
80 % (afgerond)dollar 
1 % (afgerond)Doller
6 % (afgerond)doller
13 % (afgerond)Dollar

Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties