Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 07 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-04-2026 só ingevul:



Daar was op eens 'n harde slag en skielik was alles doodstil.
Wat is die woordsoort van "slag" in bostaande sin?
4 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
25 % (afgerond)werkwoord
69 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
2 % (afgerond)bywoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “slag - die slag – slae”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Skep die ........ uit die konfyt voor jy dit op die tafel sit.

99 % (afgerond)sandsuiker 
1 % (afgerond)sand-suiker
1 % (afgerond)sand suiker

ʼn Samestelling (“sandsuiker”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“sand” en “suiker”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. ná
Sien ook die bladsy Samestellings.



’n ........ om die skouers is deesdae weer hoogmode.
2 % (afgerond)Mantil
8 % (afgerond)mantel
1 % (afgerond)mantil
89 % (afgerond)Mantel 

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Idioom: Iemand 'n ........ in die kop praat.
94 % (afgerond)gat 
pruik
skoot
5 % (afgerond)pyn

Die uitdrukking "iemand 'n gat in die kop praat" beteken
'iemand ompraat om iets te doen'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties