09 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-04-2026 só ingevul:
Plaas die deeg in ʼn bak en laat dit rys tot dubbel die ........ .
vollumme vollume volume volumme
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “volume”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "volume" kom van die Latyn "volumen" wat 'rol' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Charmaine het 'n ........ aanslag op haar vyand geloods.
verwoede verwoedde verwoed verwoedte
Voltooide deelwoorde wat op "d" eindig en voorafgegaan word deur 'n [i], [u] of enige lang vokaal kry slegs 'n "-e" wanneer dit attributief gebruik word (AWS 11.11).
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
My ........ Piet teel ayrshires, friese en jerseys, want afrikaners en bramane is nie goeie melkproduseerders nie.
oom Oom
Wanneer 'n voornaamwoord ("my") voor 'n persoonsnaam ("oom") staan, word die persoonsnaam nie met 'n hoofletter geskryf nie.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Vertel vir ons waar julle mekaar ontmoet het. Wat is die woordsoort van "mekaar" in bostaande sin?
besitlike voornaamwoord wederkerende voornaamwoord betreklike voornaamwoord wederkerige voornaamwoord
'n Wederkerige voornaamwoord lyk baie soos 'n wederkerende voornaamwoord, maar verwys na meerdere persone, wat dikwels as onderwerp van de sin voorkom. Byvoorbeeld: Jan en Piet sien mekaar gereeld. Dit wil sê: Jan sien Piet en Piet sien Jan.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)