Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 15 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-04-2026 só ingevul:



Ek hoop om die kapitaal wat ek in die onderneming ........ het, met rente terug te kry.
3 % (afgerond)in gestoot
97 % (afgerond)ingestoot 
geïnstoot

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die ........ van 'n kind bring altyd groot vreugde vir 'n familie.
1 % (afgerond)geborte
98 % (afgerond)geboorte 
gebordte
geboordte

In geslote lettergrepe (soos in die woord “geboorte”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Voordat jy die vis gaarmaak, moet jy eers die ........ uithaal.
6 % (afgerond)binnestegoed
6 % (afgerond)binneste goed
binne goed
88 % (afgerond)binnegoed 

ʼn Samestelling ("binnegoed") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("binne" en "goed") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Hierdie eetstel is van egte ........ .
86 % (afgerond)silwer 
13 % (afgerond)silver
selver
selwer

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties