04 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-05-2026 só ingevul:
Die tennisspeler moker die bal oor die net. Wat is die woordsoort van "moker" in bostaande sin?
onoorganklike hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die tennisspeler moker die bal. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die tennisspeler moker al heeldag. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Leonora se ........ neem af wanneer sy die persoon wat sy moet oortuig aantreklik vind.
oorredingvermoë oorreding-vermoë oorredingsvermoë oorreding vermoë
Die "s"-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in 'n samestelling op "-ing", "-skap", "-heid" en "-(i)teit" eindig. Ander voorbeelde sluit in: "gemeenskapsforum", "veiligheidshek" en "identiteitskrisis". (AWS 19.14)
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Nicoline het gister by haar nuwe skool ........ skoolgaan.
begin begen gebegin gebegen
Meerlettergrepige werkwoorde wat begin met "be-", "er-", "ge-", "her-", "mis-", "ont-", "ver-" en "weer-" neem gewoonlik nie die "ge-" vooraan in die aanduiding van die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Soos henne kekkel, so ........ ganse?
kloek koel-koel snuiter gaggel
Kalkoene koel-koel, hoenders kloek en ganse blaas, snater of gaggel.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)