Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 05 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-05-2026 só ingevul:



Die vak was besonder ........ en interessant.
85 %verrykend 
2 % (afgerond)vereikend
5 %verykend
8 % (afgerond)verreikend

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Een van die algemene pare wat verwar word, is 'y/ei'. Die woord "verrykend" beteken om jou kennis in iets uit te brei. Daarteenoor beteken sy homofoon "verreikend" 'wat groot gevolge inhou'.

Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Abel het hom eers van die waarheid omtrent die saak ........ , voordat hy vir Sanet daarmee gekonfronteer het.
1 % (afgerond)gevergewis
1 % (afgerond)verwis
1 % (afgerond)gewis
97 % (afgerond)vergewis 

Sommige werkwoorde neem nie die voorvoegsel "ge-" in die verlede tyd nie. Dit sluit woorde in wat in die teenwoordige tyd begin met "ver-", "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-", "weer-" en "onder-".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Charlemagne staan in Afrikaans bekend as ........ .
10 % (afgerond)Karel Die Grote
80 % (afgerond)Karel die Grote 
1 % (afgerond)Karel Die Grootte
9 % (afgerond)Karel die Grootte

Aan sommige name word 'n bepaling toegevoeg wat deel van die naam van die betrokke persoon word; dit word 'n toenaam genoem. In so 'n geval begin die hoofdele van die toenaam (byvoorbeeld telwoorde of byvoeglike naamwoorde, maar nie lidwoorde nie) met 'n hoofletter.
"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Ná die motorfietsongeluk is Chris 'n ........ en kan hy net sy arms gebruik.
32 % (afgerond)kwadrupleeg
3 % (afgerond)parrapleeg
1 % (afgerond)quadropleeg
64 % (afgerond)parapleeg 

Die woord "parapleeg" verwys na iemand wat net sy/haar bolyf (arms en hande) kan gebruik, maar nie sy/haar bene nie; die woord "kwadrupleeg" verwys na iemand wat die gebruik van al vier sy/haar ledemate verloor het.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties