05 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-05-2026 só ingevul:
By Keukenhof in Nederland het ons die ........ tulpe gesien.
pragtigste pragtiger mees pragtig mees pragtigste
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “pragtig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “pragtiger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die pragtigste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Kersfees in Europa met die ........ teen die venster sal my altyd bybly.
flokies vlokkies vlokies flokkies
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Hier is vir jou ’n ........ by die nagereg.
hanepoot of Hanepoot of Haanpoot slegs hanepoot slegs Hanepoot hanepoot of Hanepoot
Wynkultivars kan met hoof- of kleinletters geskryf word.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Ons moet 'n potjie ........ gaan speel.
golf gholf
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)