11 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-05-2026 só ingevul:
As jy die vrug onder die mikroskoop bekyk, kan jy die ........ sien.
feesels fesels veesels vesels
In oop lettergrepe (soos in die woord "vesel") word die vokale "a", "e", "o" en "u" nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Schubert het ure voor die klavier gesit en ........ .
bekomponeer gekomponeer komponeer komponieer
Die verledetydvorm van werkwoorde in Afrikaans kry "ge-" as voorvoegsel om verlede tyd aan te dui. Hoewel "komponeer" op "-eer" eindig, het die woord meer as twee lettergrepe en kry dus altyd ’n "ge-" in die verlede tyd.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Volgens die Bybel is ........ die Seun van God.
Christus Christus of christus christus Kristus
Godsdienstige eerbiedsbenamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die speler het die bal hard ........ .
gedrywe gedreif gedryf gedryf of gedrywe
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “dryf – drywe”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)