Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 12-05-2026 (vlak 1)



vorige toets 12 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-05-2026 só ingevul:



Die aanhoudende geblaf van die bure se honde maak my gek!
Wat is die woordsoort van "aanhoudende" in bostaande sin?
32 % (afgerond)bywoord
5 % (afgerond)selfstandige naamwoord
3 % (afgerond)voegwoord
60 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “aanhoudende” geblaf.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Suid-Afrika het ’n ingewikkelde ........ van paaie.
100 %netwerk 
net-werk
net werk

ʼn Samestelling ("netwerk") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("net" en "werk") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Simon is ........ in Afrikaans aan die Noordwes-Universiteit.
4 % (afgerond)professer
2 % (afgerond)Professer
78 % (afgerond)professor 
16 % (afgerond)Professor

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "professor", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



En ek kan my ........ op ’n blok sit dat die speurder wél iewers bewyse het.
3 % (afgerond)huis
2 % (afgerond)woonstel
1 % (afgerond)pen
95 % (afgerond)kop 

Die idioom "jou kop op 'n blok sit", beteken 'absoluut oortuig wees van iets'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties