Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-05-2026 (vlak 1)



vorige toets 13 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-05-2026 só ingevul:



Die pos sal in die naweekkoerante ........ word.

78 %geadverteer 
22 % (afgerond)adverteer
adgeverteer

By woorde wat uit meer as twee lettergrepe bestaan en op
“-eer” eindig, is die “ge-” in die verledetydsvorm verpligtend (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Julle sal ........ aan die nuwe onderwyser gewoond raak.

96 % (afgerond)mettertyd 
mettertyt
3 % (afgerond)metertyd
metertyt

’n Konsonant in eg Afrikaanse woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel, byvoorbeeld "mettertyd", "dubbel", "saggies" (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Tydens die oorlog het baie mense uit vrees vir gifgasaanvalle ........ gedra.
96 %gasmaskers 
1 %gas-maskers
2 % (afgerond)gas maskers
1 % (afgerond)gasmaskere

ʼn Samestelling ("gasmasker") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("gas" en "masker") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Watter soort roomys wil jy hê; sjokolade of ........ ?
wenielje
20 % (afgerond)vanilje
79 % (afgerond)vanielje 
1 % (afgerond)venielje

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "vanielje", "hidroulies" en "kwadrupleeg".
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties