Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 13 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-05-2026 só ingevul:



Die ........ omstandighede in die minder gegoede buurte in en om die middestad hou groot kommer vir die munisipale regering in.
2 % (afgerond)slegs sosioëkonomiese
58 % (afgerond)sosioëkonomiese of sosio-ekonomiese 
3 % (afgerond)slegs sosioekonomiese
37 % (afgerond)slegs sosio-ekonomiese

'n Deelteken of 'n koppelteken word gebruik in verbindings waar 'n opeenvolging van vokaalletters verkeerd gelees kan word en voorvoegsels van Klassieke herkoms betrokke is.
Ander voorbeelde sluit in: "infraäkoesties" of "infra-akoesties" en "koöperasie" of "ko-operasie". (Bron: AWS 5.6)
Sien ook die bladsy Deelteken.



Die ........ was geskok oor die hofuitspraak.
69 % (afgerond)terdoodveroordeelde 
9 % (afgerond)ter doodveroordeelde
20 % (afgerond)ter dood veroordeelde
2 % (afgerond)terdood veroordeelde

"Terdoodveroordeelde" is 'n samestellende afleiding wat bestaan uit 'n woordgroep ("ter dood veroordeel") en 'n agtervoegsel ("-e").
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



In die sterrekunde verwys ........ na die sterrebeeld "Ursa Major".
3 % (afgerond)Groot beer
96 % (afgerond)Groot Beer 
1 % (afgerond)groot Beer
groot beer

Geografiese eiename, inklusief die name van sterre, planete en sterrebeelde, word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Idioom: Elke ........ is koning op sy eie mishoop.
80 % (afgerond)haan 
1 % (afgerond)leeu
18 % (afgerond)miskruier
sprinkaan

Hierdie idioom beteken 'elkeen voel hom die meerdere op sy eie gebied'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties