18 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-05-2026 só ingevul:
Besoekers word gemaan om die terrein ........ te benader.
versigtig omsigtig
Die woorde "versigtig" en "omsigtig" is grootliks sinonieme, maar "omsigtig" word meer figuurlik gebruik en beteken 'met oorleg', 'nie halsoorkop nie', byvoorbeeld 'n delikate situasie. Die woord "versigtig" beteken 'behoedsaam om gevare of probleme te vermy'. (Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Is ........ ook onder die profete? ('n Spreekwoord wat gebruik word om verbasing uit te druk as iemand iets besonders doen, of as jy iemand aantref waar jy hom nie verwag nie.)
Jakob Saul Dawid Eli
'n Spreekwoord is 'n stukkie waarheid of wysheid wat in die volksmond ontstaan het en wat as ‘n algemene waarheid beskou word. Hierdie spreekwoord kom uit die Bybel (1 Samuel 10:11,12).
Die ........ is verantwoordelik vir verlof en nuwe aanstellings.
menslike hulpbron bestuurder menslike hulpbronbestuurder menslikehulpbronbestuurder menslike hulpbron-bestuurder
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "menslike" + selfstandige naamwoord "hulpbron") en ʼn selfstandige naamwoord "bestuurder".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Wat is die korrekte manier om die woord "voël" oor twee reëls af te breek?
vo-el of vo-ël voël (onafbreekbaar) vo-el vo-ël
Indien 'n woord wat normaalweg met 'n deelteken geskryf word, aan die einde van 'n reël afgebreek moet word, is die deelteken opsioneel (AWS 1.7). Die koppelteken neem as 't ware die funksie van die deelteken oor.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)