Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 20-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 20 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-05-2026 só ingevul:



Die kunstefees vind in Maart in die ........ plaas
45 % (afgerond)Klein-Karoo 
49 % (afgerond)Klein Karoo
1 % (afgerond)KleinKaroo
5 % (afgerond)Kleinkaroo

In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat 'n onverboë byvoeglike naamwoord is, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die eienaamelement vas geskryf.
Ander voorbeelde sluit in: "Rooi-China","Klein-Asië" en "Wit-Rusland". (Bron: AWS 12.30)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Hulle het na Australië ........ .
84 % (afgerond)geëmigreer 
13 % (afgerond)ge-emigreer
3 % (afgerond)geemigreer

As 'n werkwoord met 'n "e" begin, word 'n deelteken op die "e" geskryf as die verledetydsvorm met "ge-" begin.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Toeriste is die naweek ........ aangeval toe hulle langs die Dieretuinmeer gaan stap het.
58 % (afgerond)helderoordag
6 % (afgerond)helder oor dag
36 % (afgerond)helder oordag 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: die bywoorde “helder oordag”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Daar is drie huise in ........ in Potchefstroom.
11 % (afgerond)Tinktinkie Straat
tinktinkiestraat
85 % (afgerond)Tinktinkiestraat 
4 % (afgerond)Tingtingkiestraat

Geografiese name, byvoorbeeld die name van strate, begin met 'n hoofletter. Straatname met 'n soortnaamgedeelte ("tinktinkie") word altyd vas geskryf (AWS 14.6, opm. c).
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties