20 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-05-2026 só ingevul:
Aspersies is 'n minder gewilde kossoort. (Aspersies is 'n groentesoort ........
). .) . ) ) .
Ons plaas woorde tussen hakies om iets te verduidelik, as dit 'n vertaling is, of as ons 'n wisselvorm wil aandui. As 'n hele sin tussen hakies is, kom die hakie voor die eerste woord en ná die punt.
Sien ook die bladsy Hakies.
Die presidentskandidaat het die beoogde ........ die kern van sy veldtog gemaak.
12-nasie-transpasifiese vennootskap 12-nasie- transpasifiese vennootskap 12 nasie transpasifiese vennootskap 12-nasie-transpasifiese-vennootskap
Afstandsamestellings moet volgens die jongste AWS met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“transpasifiese”) sou dit vas geskryf word as “12-nasievennootskap” (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Durban is die grootste stad in ........ .
KwaZoeloe-Natal of KwaZulu-Natal slegs KwaZoeloe-Natal slegs KwaZulu-Natal slegs kwaZulu-Natal
Let op die hoofletter "Z" in die middel van "KwaZulu". Al kan ons "Zoeloe" of "Zulu" skryf om na onder andere die taalnaam te verwys, word die provinsie se naam slegs op een manier geskryf.
Sien ook die bladsy Plekname.
Idioom: Dis nie almal ........ wat lang messe dra nie.
struikrowers kokke barbiere moordenaars
Die idioom "dis nie almal kokke wat lang messe dra nie", beteken ‘skyn bedrieg’. Die Engelse weergawe van hierdie idioom is, ‘it is not every cowl that hids a friar’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)