Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-05-2026 (vlak 1)



vorige toets 21 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-05-2026 só ingevul:



Temba is ’n regte ........ ; hy stem altyd met alles saam.
7 % (afgerond)Jabroer
6 % (afgerond)Ja-broer
30 % (afgerond)ja-broer
57 % (afgerond)jabroer 

ʼn Samestelling ("jabroer") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("ja" en "broer") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Hiert! So 'n klein ........ kan seer byt!
vlooi'kie
4 % (afgerond)vlooikie
1 % (afgerond)vlooi'tjie
95 % (afgerond)vlooitjie 

Die verkleinwoorde van woorde wat op "i", "o" of "u" eindig, maar waarvan die klank deel van 'n diftong vorm, kry nie afkappingstekens nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Ria se partydigheid jeens haar kêrel veroorsaak dat sy hom maklik ........ napraat.
3 % (afgerond)papperig
5 % (afgerond)kleinlik
5 % (afgerond)verergd
87 % (afgerond)klakkeloos 

"Klakkeloos" beteken 'sonder om na te dink'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Ek het dit in die ........ gelees.
95 % (afgerond)Bybel 
5 % (afgerond)bybel

"Bybel" is die naam van 'n publikasie en word as 'n eienaam gesien. Dit word daarom met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Publikasiename.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties