Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 21 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-05-2026 só ingevul:



Ons het vandag 'n ........ in die klasopgevoer waar Rooikappie deur die wolf gevang word.
dramaa'tjie
3 % (afgerond)dramaatjie
19 % (afgerond)drama'tjie
78 % (afgerond)dramatjie 

Indien 'n woord op 'n kort "a" eindig, kry dit nie in die verkleiningsvorm 'n afkappingsteken nie. Wanneer die word op 'n lang "a" eindig, kry dit wel 'n afkappingsteken in die verkleiningsvorm. Byvoorbeeld: "drama - dramatjie", maar "hoera - "hoera'tjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Sonet se skoonma is ........ op hoe sy die kinders opvoed.
1 % (afgerond)hipirkrities
97 % (afgerond)hiperkrities 
3 % (afgerond)hieperkrities
hiepirkrities

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, byvoorbeeld in die voorvoegsel "hiper-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



In hierdie kursus behandel ons die persoon en rol van die profeet in die ........ beskawings.
21 % (afgerond)nabye-Oosterse
13 % (afgerond)nabye Oosterse
22 % (afgerond)Nabye Oosterse 
44 % (afgerond)Nabye-Oosterse

Afleidings van woordgroepe van eiename word los geskryf (AWS 9.19).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Bruce Fordyce het die Comrades- ........ al nege keer gewen.
13 % (afgerond)slegs maraton
12 % (afgerond)slegs marathon
73 % (afgerond)maraton of marathon 
1 % (afgerond)mareton of marethon

Die AWS erken beide spellings "marathon" en "maraton".
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties