27 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-05-2026 só ingevul:
Baie van die passasiers het tydens die veerbootramp ........ .
verdronk verdrink vergedrink geverdrink
Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Iemand ........ groet.
beleuf beleef baleef
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "beleuf" in plaas van die korrekte "beleef".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
’n ........ dui ’n aksie in ’n sin aan.
Werkwoord Werk-woord Werk woord
ʼn Samestelling ("werkwoord") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("werk" en "woord") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die video verduidelik die ........ om wyn te maak.
proses prosses proeses proesses
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “proses”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "proses" kom van die Latyn "pro" en "cedere" wat 'gaan' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)